DIE man wat daarvan aangekla word dat hy Eric Xaxaka (60) – die pa van sy vriendin – in sy huis in Bongolethu op Oudtshoorn vermoor en in ’n vlak graf in sy agterplaas begrawe het, het verlede Vrydag weer vlugtig in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn.
Patrick Rondganger (35) staan tereg op klagtes van moord, roof met verswarende omstandighede en dwarsboming van die gereg.
Hy het reeds aangedui dat hy onskuldig sal pleit op die klagtes teen hom.
Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel tot 19 Julie. (Deur Garnett Wicomb)
Rondganger in hof
