Die beroemde Irans-Nederlandse skrywer, Kader Abdolah en Wium van Zyl, emeritusprofessor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland, digter en vertaler het Vrydag Arbeidsgenot besoek om die eerste vertaling van die “The Rubáiyát of Omar Khayyám” te besigtig.
CJ Langenhoven het die eerste vertaling van “The Rubaiyat of Omar Khayyám” na Afrikaans vertaal as “Die Rubáiyát van Omar Khayyám”.
Omar Khayyám was ’n Persiese digter.
Kader Abdolah het dieselfde boek in Nederlands vertaal en destyds tydens ’n vorige besoek ook na die boek gekyk waar Langenhoven in sy eie handskrif in die oorspronklike boek geskryf het, maar daar is nie ’n foto van die geleentheid geneem nie.
Die manuskrip van hierdie vertaling is steeds in ’n kissie in die Arbeidsgenot-museum op Oudtshoorn te sien. ’n Interessante feit is dat Langenhoven die Rubáiyát vertaal het nog voordat die Bybel in Afrikaans vertaal is.
Nederlandse skrywer besoek Arbeidsgenot en Rubáiyát
Foto regs: Kader Abdolah met die Rubáiyát waarin CJ Langenhoven in die boek sy vertaling neergepen het.