Links: Pinky Kekana is die adjunkminister van kommunikasie en tegnologie van Suid-Afrika, en lid van die President se kabinet. Sy het verlede Donderdag ’n besoek aan Oudtshoorn afgelê.
Sy het onder andere skoolskoene oorhandig aan skoolkinders van Bridgton Sekondêre skool. Tydens die ROAR Gala glansgeleentheid by die Oudtshoorn Burgersentrum het die minister verskeie vroue vereer en toekennings aan hul gegee.
Op die foto is advokaat Michele Weyers, staatsaanklaer van Oudtshoorn saam met die minister en Oudtshoorn Burgemeester Chris Macpherson. Foto: Tebogo Tom Monyepao
Minister vereer Oudtshoorn vroue
