Meisie (14) vermis

DIE Oudtshoorn Polisie vra inwoners se hulp om ’n 14-jarige meisie op te spoor wat Sondag 16 Februarie deur haar ouma as vermis aangemeld is.

Mishanay Beronique Jansen van Bongolethu het op 16 Februarie vermis geraak vanuit Siyabonga­straat, ook in Bongolethu. Sy is ’n leerder van Sa­turnus Primêr.

Sy het lang, swart etniese vlegsels.

Mense met inligting oor waar Mishanay haarself bevind, kan sers Corné Thysse by die Oudtshoorn Polisie skakel op 082 3350606.

Volgens Thysse sal alle inligting vertroulik hanteer word. (Deur Angelique Erasmus)