DIE organisasie Genesis Rural Development op Vanwyksdorp het ’n besonderse naaldwerkster in hul geledere.
Ouma Grietjie Barry is 98 jaar oud, maar sê: “My gesiente is soos dié van ’n twaalfjarige.”
En ten spyte van haar ouderdom kan sy vele jonger vroue en meisies nog baie van naaldwerk leer. Sy help ook om ander bejaardes “garing-wys” te maak.
Ouma Grietjie sê sy het ’n droom om self van die plaaslike rieldansers se klere te maak, “want dit moet hul trots wees”.
Dié merkwaardige vrou is vol verrassings, soos dié gedig wat sy aan Die Hoorn wys wat sy self geskryf het:
God is my help in elke nood, gee elke dag my brood
Hy Daniël met my deur die dag en elke oomblik van die nag
God is geduldig, sterk en trou, terwyl Hy my hand in Syne hou
Ek is gesond deur God in my, niks kan my van Sy liefde skei.
Ek het geen vrees, want Hy is my krag
Sy waarheid lei my dag en nag.
• Jonathan Jantjies, ’n gemeenskapsleier van Vanwyksdorp, sê mense wat Ouma Grietjie wil ontmoet, kan hom of Magdalena Christians kontak by 074 810 0997. Enige skenkings van materiaal sal verwelkom word. (Deur Deon Meyer)