Deur Garnett Wicomb
DIE verkragtingklagtes teen’n sakeman van Oudtshoorn is gister in die Oudtshoorn Streekhof voorlopig deur die staat teruggetrek.
Geen redes vir die terugtrekking is verskaf nie.
’n 32-jarige vrou het beweer dat sy tussen November 2014 en April 2016 by twee geleenthede by die verdagte se huis, een keer by die vliegveld en een keer in sy kantoor verkrag is.
Die saak is verlede maand op versoek van die staatsaanklaer, adv Michelle Weyers, tot 26 Junie uitgestel omdat sy nog nie die vertoë wat die verdediging gestel het met die klaagster kon bespreek nie.
Dit was ’n finale uitstel.
Streeklanddros Daniel Boks het die man Dinsdag meegedeel dat al die klagtes teen hom voorlopig terug-getrek word.
Hy is daarna ontslaan.