Handgemaakte ‘wapen’ voor besigheid gevind

Die wapen wat voor ’n besigheid se deur gevind is. Dit word in ’n plastieksak gehou om vingerafdrukke te bewaar. Foto: Ilze-Mari Gründling

Die wapen wat voor ’n besigheid se deur gevind is. Dit word in ’n plastieksak gehou om vingerafdrukke te bewaar. Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
HULLE is bekommerd oor ’n voorwerp wat lyk soos ’n handgemaakte wapen wat hulle voor hul besigheid in Baron van Reedestraat opgetel het.

So sê besigheidseienaar van Oudtshoorn wat gevra het om anoniem te bly.
Die voorwerp is die dag nadat nadat toeriste by die CP Nel Museum deur straatkinders geteister is, voor die besigheid se deur opgetel.

“Een van ons werkers het dit voor die deur sien lê toe hy wou oopsluit. Dit is afgesny van ’n ­ palissadeheining en is skerp gemaak,” vertel die eie­naar.

Die wapen was met Die Hoorn se besoek in ’n plastieksak omdat vingerafdrukke nog nie daarvan geneem is nie.

“Dit moet onder die publiek se aandag gebring word. Ons het die voorval aan die polisie gerapporteer.”
Volgens kapt Louis Visser, woorvoerder van die Oudtshoorn Polisie, word daar ondersoek ingestel.