Geloftedag gevier op Oudtshoorn

Elias Olivier (89) van Millenniumpark sal môre (Vrydag, 16 Desember) die spreker tydens ’n spesiale Geloftedagviering op Oudtshoorn wees, en nooi oud en jonk om saam met hom die Bloedrivier Gelofte van 1838 te kom herdenk. ’n Diens sal om 09:15 die oggend by die Evangelis-Gereformeerde Kerk op die hoek van Noordstraat en Parkweg, net langs die aftreeoord gehou word. Volgens Olivier is daar ’n herlewing wat tans landswyd, en selfs so ver as Suid-Afrikaanse gemeenskappe in Australië, plaasvind om hierdie dag te herdenk. Hy vertel dat daar vanjaar meer as ooit tevore regoor die land byeenkomste sal plaasvind. Foto: Stefan Skapie Goosen