Geen dekking as kragnetwerk in duie stort

Blackout concept. Lighting candle near laptop with dark empty screen

DIE Suid-Afrikaanse Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, of SASRIA soos dit alombekend staan, se dekking is gewoonlik ingesluit op ons motor- en huisversekering.

SASRIA dek skade wat veroorsaak is deur sta-kings, oproer, burgerlike wanorde, onluste en terrorisme (“civil commotion, public disorder, strikes, riots and terrorism”).

SASRIA het onlangs aangekondig dat hulle geen eise sal aanvaar wat spruit uit onluste, oproer ens as Eskom se kragnetwerk in duie stort nie.

Met besighede wat reeds sukkel om kop bo water te hou, gaan sulke ondernemings heel moontlik hulle deure moet sluit want hulle kan nie nog sulke skade of die koste daaraan verbonde om dit reg te maak dra nie. Dit gaan werkloosheid nog hoër maak.

Dit gaan ons as verbruiker/versekerde nog harder slaan as ons enige sulke skade moet oorkom, want die versekeraars vereis nou groter bybetalings as ons eis vir enige van ons elektriese toestelle wat onklaar raak as gevolg van krag-stuwings (“power spikes”).

Vind meer uit by www.sasria.co.za. (Deur Heinrich Bosman)