Minché-Marie van der Westhuizen, Top 10-finalis vir Mej Tiener SA. Foto verskaf
Deur Angelique Erasmus
’N LEERDER van die Hoërskool Oudtshoorn, Minché-Mari van der Westhuizen (17), van Calitzdorp, is aangewys as een van die tien finaliste vir die Mej Tiener SA-kompetisie.
Die kompetisie vind van 9 tot 12 Oktober in Pretoria plaas.
Minché, oorspronklik vanaf die Kalahari, woon die afgelope twee jaar saam met haar ouers op ’n plaas buite Calitzdorp.
Modelwerk en kompetisies is nie vir Minché nuut nie en sy doen al etlike jare lank gereeld modelwerk en neem aan kompetisies deel.
Sy het verlede jaar Suid-Afrika se naam hoog gehou toe sy by die Wêreldkampioenskap vir die Uitvoerende Kunste in Los Angeles in die VSA aangewys is as die wenner van die senior model-afdeling .
Minché is tans besig met ’n fondsinsamelingsprojek vir die Vygieshof Ouetehuis in Calitzdorp.
Al die finaliste moet ’n fondsinsamelingprojek vir ’n instansie of vir behoeftiges doen.