“Die Oudtshoorn Sport Inisiatief het met groot hartseer en skok verneem van Elize Barnard se onverwagse heengaan.
Ons is dankbaar vir haar groot bydrae en die noukeurigheid waarmee sy elke week die Sportkalender hanteer het. Rus in Vrede.
Ons innige simpatie aan haar geliefdes.” het Hans van der Veen van die OSI aan Die Hoorn gesê.
Barnard was nie net bekend in sportkringe en by die Oudtshoorn Sport Inisiatief nie, maar ook ’n bekende in die onderwyskringe. Haar begrafnis vind Sondag 15 Oktober 2023 om 11:00 by die Park NG Kerk in Buitekantstraat plaas. (Foto: Facebook)
Bekende in sport, onderwys sterf skielik
