Grootvoël Boeremusiekfees 27 en 28 September 2024

Die voete gaan jeuk tydens die Grootvoël Boeremusiekfees, op 27 en 28 September 2024. Die fees vind vanjaar by Hoërskool Oudtshoorn plaas. Sewe orkeste, waaronder die Baardskeerdersbos boereorkes en Die Kaapse Affodille, tree die naweek op, en gaan sorg vir lekker vermaak.

Die Hoorn se Gemeenskapsmark skuif ook Saterdag 28 September na die fees, om dit ekstra lekker te maak vir besoekers en musiekliefhebbers.

Die publiek is ook welkom om by die stalletjies ’n draai te maak. Kontak gerus vir Brian Nieuwoudt by 082 322 7526 of Radio Namakwaland op 079 350 7339.

Kaartjies kos vanaf R100 tot R200 vir die hele naweek. Vir meer inligting oor die Gemeenskapsmark, kontak Geraldine by Die Hoorn by 072 040 9413.

Besoek ook gerus die naweek se Gemeenskapsmark, by die Oudtshoorn Skougronde hierdie Saterdag 31 Augustus vanaf 09:00 tot 14:00. Sien julle daar.