Vuurwaens op Oudtshoorn

Bo: Die bloedrooi 1998 Corvette van Pieter du Toit, met ’n “mullett conversion”, die enigste een in die land. Dié haastige sportmotor is sowat R900000 werd.

Bo: Renaldo Hiscock (12) van Oudtshoorn bewonder die 2016 LT2 Corvette se indrukwekkende enjin.
Onder: Dié blou 2016 LT2 Corvette behoort aan Wentzel Jordaan van Pretoria. Die motor het sowat 10000 km op die klok en is sowat R2 miljoen werd.
Foto’s: Angelique Erasmus

Deur Angelique Erasmus
DIE jaarlikse Thunder Tour, het weer sy opwagting in Oudtshoorn gemaak op Woensdag en is met groot opwinding deur Oudtshoorniete ontvang.

Hierdie is die 9de jaar waar luukste motors vanaf regoor Suid-Afrika van dorp na dorp reis om die motors uit te stal.

Die toer het Satedag in Pretoria afgeskop by Cars in the Park uitstalling.

Die groep vertrek more na George waar die toer Saterdag sal eindig.

Jakes van Staden, die initieerder van die Thunder Tour, sê dat hy deur die Power Tour in Amerika geinspireer is, en poog om hierdie toer die “Ultimate Road Show” in Suid-Afrika te maak. “Die gebrul van hierdie prag motors is soos die klank van musiek in my ore” sê hy.

Motors moet in die volgende katagorie val om ingeluit te word by die toer. “Muscle Cars”, Street Rods”,” Rad Rods” en “Super Cars”.