Hilux bly topverkoper

Bo: Die Toyota Hilux wat Suid-Afrika se topverkoper-voertuig in Mei 2019 was. Onder: Die Ford Ranger wat Suid-Afrika se naasbeste bakkieverkoper in Mei 2019 was. Heel onder: Die Volkswagen wat Suid-Afrika se naasbeste voertuigverkoper in Mei 2019 was asook die top-passasiersmotorverkoper.

DIE Toyota Hilux is nie net die bak-kie wat die beste verkoop in Suid-Afrika nie, maar ook die bes ver- koopte voertuig in die land.

Volgens Naamsa se voertuigverko-pesyfers vir Mei 2019 het daar altesame 30187 Hilux’e in dié maand verkoop.

Die passasiersvoertuig met die hoogste verkope in Suid-Afrika is die Volkswagen Polo Vivo waarvan altesame 2478 eenhede verkoop is. Die Vivo is van alle voertuie die naasbeste verkoper.

Op sy beurt is die Ford Ranger met 1973 eenhede wat in Mei verkoop is die bakkie met die naasbeste verkope en algeheel die derde beste verkoper.

Die Volkswagen Polo is die twee-de beste verkoper onder die passa-siersmotors en algeheel in die vierde plek.

Wat algehele verkope vir Mei 2019 betref, sien die verdere verkope as volg daar uit met getalle in hakies:
Nissan NP200 (1390), Toyota Fortuner (1319), Isuzu D-Max/KB (1312), Toyota Quantum (1302), Nissan NP300 Hardbody (879), Hyundai Grand i10 (738), Toyota Etios (719), Toyota Rav4 (708), Renault Kwid (634), Ford EcoSport (586), Volks-wagen Tiguan (536), Renault Sande-ro (535), Ford Figo (448), Nissan X-Trail (447), Toyota Corolla Quest (444) en Hyundai i20 (425).