■ Vra altyd jouself af voor jy ander beskinder wat doen jy reg of verkeerd, want om te oordeel doen jy jouself net onreg aan; tensy dit die volle waarheid is. Skinder is immers sonde.
■ Baie voorspoed aan mnr en mev Smit van Smith’s Materiaalwinkel wat die einde van die maand na Spanje vertrek om die Camino-staproete aan te pak. Baie voorspoed. Ons is so trots op julle! Plaspac-personeel
■ Kan die elektriese afdeling by die munisipaliteit asb die spreilig op die hoek van Hector- en Rosseaustraat kom regmaak. Verkragtings en moorde kan voor die winkels gebeur. Dankie, ASAP.
■ As daar korrupsie in jouself is, gaan jy ander mense altyd as diewe beskou en nooit vertrou nie. Kry jouself in orde.
■ Bly om te sien die vooraansig van Blomnek in De Rust lyk baie beter afgelope tyd, maar wat skort met die sportvelde? Dit kort ook ’n gedaanteverwisseling vir ’n verandering.
■ Met betrekking tot die vullis by die ingang van Oudtshoorn: By Middelburg was ook so ’n probleem. Hulle het laat hout kap van indringerbome en vir elke styfgepakte vullissak het mense ’n bondel hout gekry. Dit was destyds ’n wensituasie. MC (Wat ’n goeie voorstel. Wat dink die Oudtshoorniete hiervan? – Redakteur)
■ Die Oudtshoorn Munisipaliteit het nie geld nie. Van waar die skenking? Vra net. Nuuskierig
■ Geskok om te lees ’n bejaarde sê dis nie meer veilig om inkopies te doen nie. Plakkers slaan op by munisipale store in die dorp en die Joodse begrafplaas. Besighede moet eers skoonmaak voor hulle deure voor hulle kan oopmaak as gevolg van ’n gefuif en ’n drinkplek. Die skrif is teen die muur – die middedorp is besig om te verval. Elke dag is daar leeglêers en bedelaars in die dorp. By die Queen’s Mall het hulle wagte wat die mense dophou en verdagtes verwyder. Dis hoekom die mense wat inkopies doen, na die Queen’s Mall gaan. Ek het nie meer hoop dat die middedorp sal verbeter nie. JB