Aan die munisipaliteit: die waterbeperkings is wonderlik, maar kan ons nie twee ure in die oggend en twee ure saans kry nie? Een uur saans is min vir ons wat soggens werk. Dankie. (Die waterbeperking soos verlede week goedgekeur, laat inwoners toe om net een uur per dag nat te lei, binne die voorgeskrewe ure. – Redakteur)
*****
Ek het ’n paar maande gelede die munisipaliteit al gevra om die boom op die sypaadjie voor St Tropez Woonstelle se takke wat onder uitspruit te verwyder omdat dié boom as toilet en vullisblik gebruik word. Dronkaards staan ook daar en braak. Die straat word af en toe daar gevee, maar die takke word nie weggesnoei nie. Ons wat hier woon, sien vanuit ons erwe die gemors. Iemand het nou net weer daar gestaan en urineer. Hulle dink niemand sien hulle nie. Dis vieslik. Ons is op vir die gemors. Engee
*****
Verkragters in ons gemeenskap moet nie borgtog kry nie. As die beskuldiges buite is, dreig hulle die slagoffer en getuies. Ons SAPS moet regtig die sake dig maak dat veral getuies nie kan kop uittrek nie – veral met sulke ernstige sake. Ons gemeenskap leef in vrees want misdadigers kry te maklik borgtog. Gatvol.
*****
Ek lees in Die Hoorn dat die polisiewoordvoerder sê dat die polisie nie nodig het om ’n uniform te dra nie. Nou wil ek weet hoe weet ons as hulle polisie of skelms is – soos ons land nou is? (Daar is omstandighede waarin lede van die polisie uniform dra en ander waarin hulle nie uniform dra nie. Hulle neem bv nie in uniform aan sportgeleenthede deel nie; daar is ook talle werkers in diens van die polisie wat op grond van die pos wat hulle beklee nie uniform dra nie. – Redakteur)
*****
Ons besef nie altyd watter deursettingsvermoë en uitdagings ons mediese personeel het nie, dit is immers a gawe of kuns om met siek mense te werk. Kom ons waardeer hulle.
*****
Graag wil ek net weet: wanneer gaan die munisipaliteit ’n plan maak met die huiswinkels wat onwettig opgerig is tussen die bruines se woongebiede in Oudtshoorn?
*****

Dis so droog in Oudtshoorn dat die munisipaliteit water aanry om in die leivore te laat loop. Die foto is op Sondag 8 Oktober 2017 by die swembad in Wesbank geneem terwyl “skoon water” uit ’n tenkwa in die leivoor langs Parkweg-Noord by die swembad uitgelaat word. • The spokesperson for the municipality, Ntobeko Mangqwengqwe, answered the allegatons in the sms as follows: The Municipality views water saving measures seriously and would always be the first to see to it that no water is wasted. Last week we approved water savings measures that we trust everyone will abide by.
Looking at the photo you sent, the water is pumped out into a municipal irrigation water channel open for residents’ use. Water is not as pure as it looks – it contained all the dirt that sits at the bottom of the pool and above water. Please note that none of our swimming pools have covers to protect them off-season. They remain open right through the year. It is a normal procedure to clear the pool of any water remains for the preparation of the new season as the pool has to be thoroughly cleaned and treated for the new season. In this case the pool had dirty rain water and this department had to suck out water in the pool for that purpose.