SMS’e van lesers

Ek woon in Brigdton en het baie jare gelede vir my ’n watertenk aangeskaf om water op te vang. Kom inwoners, doen dieselfde. Dit help baie en is glad nie so duur nie. Ou Koos
*****

Die Youth Café wat nou kantore van die munisipaliteit gebruik terwyl amptenare geen kantore het nie, het geen verandering by die dorp se jeug gebring nie. Dit is eerder ’n lekker kuierplek en deesdae ’n plek waar kos verkoop word. Hoe kan die mu­nisipaliteit toestemming gee dat daar kos gemaak en verkoop word in ’n kompleks omring met kantore? Wat as daar ’n brand in hul kombuis uitbars en munisipale amptenare hul lewens in so ’n brand verloor? (Die sms is aan die Eden Distriksmunisipaliteit gestuur waaronder die Youth Café val.)
*****

Ek was gister by die verkeersdepartement vir die hernuwing van ’n be­stuur­­lisensie. Ek was verstom om so ’n gawe werknemer te sien waar jou oogtoets gedoen word. Haar naam is Ingrid en sy is ’n voorbeeld vir meeste van ons mense. Wees altyd net jousef Ingrid, daai mense moet jou waardeer. Gert
*****

Baie ontstellend: faksmasjiene, rekenaars en rekenaarskerms word aan sak­krappers gegee. Ek het ’n man gister teëgekom wat vir my sê hulle vra daarvoor by die besighede. Ek nooi almal om te kom kyk hoe word vele karkasse daarvan in Noord binne en buite die ou begraafplaas gegooi. Is daar dan nie duidelike instruksies vir die hantering van ou onderdele nie? Kan ons owerheid nie ’n verbod of boetes daarop plaas nie? Motorenjin-takelaars het ook riglyne wat hulle moet volg. Help asseblief mense om dit stop te sit. Hierdie boodskap is ook vir die skuldiges bedoel. Van bekommerde inwoner
*****

Hoekom is mense so maklik laat vir afsprake? ’n Paar minute laat of ’n regtige rede buite jou beheer maak nie saak nie, maar daar is mense wat jou ’n halfuur of langer laat wag. Ag nee, verstaan julle nie dat julle daardeur ander mense se tyd mors – wat net so belangrik soos julle tyd is nie?
*****

So lyk een van die watervore in Oudtshoorn - amper tot bo vol sand wat mos maklik met ’n graaf uigespit kan word?

So lyk een van die watervore in Oudtshoorn – amper tot bo vol sand wat mos maklik met ’n graaf uigespit kan word?