Na twee maande se soebat, stuur die munisipaliteit sewe mense uit om grond voor ’n besigheid op te tel. ’n Kruiwavol!
*****
Graag wens ek die burgemeester en munisipaliteit te bedank vir die feit dat hulle inwoners gereeld op hoogte gehou het rakende die toestand van die water die afgelope tyd. Japie Coetzee
*****
Wens dat die eenvoudige lesers wat woorde in die biblioteek se boeke doodkrap, dit asseblief nie moet doen nie. Dit is nie jou eiendom nie. As jy nie van ’n boek hou nie, moet dit asb nie uitneem nie.
*****
Wonder net oor die mense wat so vir Gordon April betoog. Hulle mis seker nou die pies en stokkielekkers. Die soustrein se wiele het afgeval; lei nou honger. Sakkie
*****
Ek hoop regtig dat die munisipaliteit die vaalhuise gaan opgradeer. Die vaalhuisies word gewaardeer vanaf R60 000 tot R80 000, dis is ’n enkelmuurhuis, sonder middelmure, toilet binne of buite aangebou los van muur wat vasgebou moes wees. Het grondvloere, geen ruite, mure is gebars, geen plafon, bars bokant deurkosyn, tuimel in. Ek hoop regtig die munisipaliteit gaan kyk hierna. Vaalhuisie-inwoner
*****
Wanneer iemand vir geregtigheid staan, moet jy ook self die regte ding doen dan nie? Huiswerkers gaan soggens uit, ongeag hoe hulle by hulle werk kom, uit hul huis in iemand anders se deurmekaar huis om daar orde te skep – toilet skoon te maak, vloere te was, skottelgoed te was, beddens op te maak, wasgoed te was met die hand en ook met die masjien, ook stryk, ook afstof, stofsuig, vullis uitsit en nog meer. Hoe word hulle behandel deur hul werkgewers? Soos niks. Hulle het net gekom om die werk te doen. Dis tyd dat werkgewers moet dink hoe hulle behandel sal wil word as hulle self die huiswerker en tuinier is. Baie teleurgesteld.
*****
Baie dankie aan die Oudtshoorn Polisie vir hul vinnige optrede op Donderdag, 27 April. Jul professionele optrede word waardeer. Dankie ook vir die versekering dat lawaaimakers, wat ’n mens se rus versteur, vasgevat sal word.
*****
Uiteindelik is Buitekantstraat gevee voor die kunstefees. Nou moet ons wag vir volgende jaar se kunstefees.
*****
’n Mens is al moedeloos vir die gemors op die sypaadjie voor St Tropez-woonstelle. Daar’s nogsteeds inwoners wat glad nie omgee hoe ons strate besoedel word nie. Dis ’n absolute skande. Word nou een maal groot en sit jul vullissakke die oggend wanneer die vullis verwyder word, uit. Nie ’n week voor die tyd nie. Hier het die langnaweek so baie sportgroepe en gaste van ander provinsies verby beweeg en het gesien hoe morsig ons strate lyk. ’n Mens word skaam. Sal die munisipaliteit asseblief die straat laat skoonmaak en sommer ook al die boomtakke wat onder uitgroei, afsnoei sodat die gemors nie daaronder ingesmyt kan word nie. Dis ook ’n wegkruipplek vir die skelms wat ons huise so dophou en ook agter dit hul broeke losmaak. Dit is skandelik! Ons wat hier woon, is nou regtig moedeloos oor die gemors. Die straat word ook nooit skoongemaak nie; daarom hou ek dit voor my eie huis skoon. Hoop daar kom ’n verandering. Engee
*****
Sien darem hulle is besig om plaveisel te lê in ’n gedeelte van Blomnek; darem iets positief vir die agterstand. Dankie aan die munisipaliteit, het al begin dink die arme woonbuurt word net geken as die politieke stemmery aanbreek, maar ons het baie meer as net daardie lappies plaveisel nodig…
*****