■ Is dit aanvaarbaar dat kinders so vervoer word? Die foto is by die padblokkade buite Oudtshoorn geneem en die polisie is ontbied, maar hulle was nie betyds daar om op te tree nie.
■ Baie dankie aan die studente van Oudtshoorn Polisiekollege wat die vullis opgetel het by ons dorpsingang! Dit was só ’n seeroog. Dit is werklik ’n grootse daad. Ons is trots op julle!
■ Ons innige simpatie aan die naasbestaandes en vriende van die twee kinders wat verlede week in die motorongeluk gesterf het!
■ Ek wil graag weet hoe ek moet maak met mense wat my skuld.
■ Ai, ek is geskok oor die dame aangeval en beroof is by die mobiele kliniek vir diere! Die diens moet asb voortgaan vir die gemeenskap se diere! Kan daar dalk gereël word vir polisiëring op die betrokke dae?
■ Mag ons dierewelsyngroepe net vra dat as mense verby ’n hond op straat ry dat hulle asb net ’n fototjie sal neem of net die hondjie sal oplaai en na die Kango Dierekliniek toe sal neem; dan kan die eienaars altyd daar die diertjie gaan oplaai. Baie diere word deesdae gesteel en soos die mense weet, sukkel ons geweldig met dieremishandeling. Die waaroor in koerante berig word, is maar die puntjie waarby ons uitkom.