Boplaas Familiewingerde in Calitzdorp het baie goeie resultate van SAWI (South Africa’s Best Wines Identified) ontvang waar die resultate van alle wynskoue in aanmerking geneem word.
Boplaas het in die Cape Port-afdeling ’n eerste en tweede plek behaal met die Boplaas Cape Tawny Reserve in die eerste plek en die Boplaas Cape Vintage Reserve in die tweede plek.
Die kelder het vanjaar talle toekennings vir die Cape Port ontvang – onder andere SA Kampioenport-trofee by die Jongwynskou, dubbelgoud by die Veritas-toekennings met die Cape Tawny, dubbelgoud by Michaelangelo met die Cape Chocolat Port 2012, terwyl die toekennings vir die beste Suid-Afrikaanse port (by die aanwysing van die top 100 wyne asook talle ander goue medaljes vanjaar na dié kelder gegaan het.