Die jaarlikse Kuns- en Fotoweek met werke van leerders van talle laer- en hoërskole het Woensdagaand in die saal van die Hoërskool Oudtshoorn geopen. Tarryn Carelsen (links) en Bevan Herold, graad 11-leerders van die Hoërskool Oudtshoorn met visuele kunste as vak, het Dinsdagmiddag hand bygesit met die uitstalling van kunswerke. Die uitstalling is tot Sondag daagliks oop vir besigtiging vanaf 10:00 tot 18:00. Foto: Liesel le Roux