2 en 3 September
• De Krans Wynkelder se Lentebloeisel-naweek in Calitzdorp. Navrae of besprekings by 044 213 3314 of dekrans@mweb.co.za
Vrydag 1 September
• ACVV Oudtshoorn Eeufees om 18:30 vir 19:00 in die Oudtshoorn Banketsaal. Kaartjies R250 pp, drag elegant. Driegangmaaltyd, optrede deur Steffie le Roux en gaspreker dr Ivan Meyer. Kontak Riana Booysen by 044 727 7760.
• Luigi April tree op by die St Konrad-saal in Dysselsdorp om 18:00. R15. Kontak Danny B by 061 601 6370 vir deelname.
• Danny B se musiekproduksie Die Nuuskierige Ek by die Nicolaniasaal in Bridgton, Oudtshoorn. 19:00. R30. Navrae: 061 601 6370.
Saterdag 2 September
• NG Moedergemeente bied aan: Pretstap/draf vir Bybels in die Tsumkwe-wildkamp (tweede ingang by stoor aan linkerkant, 16 km op De Rust-pad). 21 km draf 07:30, 10 km stap/draf 08:15 en 5 km stap/draf 08:30. Volwassenes R50; kinders R20. Inskryfvorms by kerkkantoor en Roosters Den van 07:00 tot 08:15. Eetgoed te koop. Navrae Jodi 082 375 6770, Riaana 084 583 9146 of kerkkantoor 044 272 3130.
• Lentefeesbasaar van die NG Kerk Oudtshoorn-Suid op die Proefplaas om 11:00. Kwaliteit vleis, gebak, potjiekos, groente/vrugte, plantjies, pannekoek, kindertafel, nagereg, kafee, teetuin, straatbraai, wit olifante. Etekaartjies (R70) vooraf by kerkkantoor. Kontak Marianna: 044 279 1900.
• Lentetee by NG Kerk-terrein te Calitzdorp om 10:00. R45 pp. Bespreek by 044 213 3311. RSVP 25 Augustus.
• Die Boombox in jou plek – kompetisie vir die beste rapper, danser en sanger. De Rust VGK, 18:00. R10. Vervaardiger: Danny B’s Entertainment. Navrae: 0616016370
• Musiek vir Diere-konsert om 15:00 in die NG Moederkerk, Oudtshoorn. Kaartjies (R50) sluit in viool-, orrel-, klavier-, saksofoon- en sangitems. Te koop by Bottega (oorkant Spur) en die deure.
• James Bhengee (operasanger en wenner van 2010 SA Got Talent), pianis John Theodore, Kambro Diggers, baldansers, fluit, kitaar en viool in die Burgersentrum as deel van die UCC-kerk se “Evening of Culture”. 18:00. Kaartjies (R100) met vingerete om 17:00. Kontak Henry Booysen (083 423 8698) / James Cupido (079 606 6185).
Sondag 3 September
Danny B’s Entertainment bied aan ’n Gospel-musiekproduksie met die Afrikaanse Gospelsanger Luigi April. St. Konradsaal, Dysselsdorp. R15 volwassenes en R10 kinders. Navrae: 061 601 6370.