Deur Garnett Wicomb
’N VOORMALIGE verkeersbeampte van die Kannaland Munisipaliteit Andrew Pietersen (53)
is in die Oudtshoorn Streekhof op drie klagtes van korrupsie skuldig bevind en gevonnis.
’n Aansoek om Pietersen se ontslag is vroeër deur streeklanddros Daniel Boks van die hand
gewys.
Pietersen het R300 van Abraham Gysman en R500 van Edwin Fortuin, twee taxi-eienaars van
Oudts hoorn, ontvang terwyl hy vir Jacques Roothman, ’n taxi-eienaar van Ladismith, gevra het om
hom R5 000 te betaal om te verhoed dat sy seun wat glo ’n taxi sonder sonder ’n openbare bestuurs –
permit bestuur het, ’n boete kry.
Hy is onderskeidelik boetes van R5 000 en R6 000 of tronkstraf van onderskeidelik 12 en 18
maande opgelê op die eerste twee aanklagte en R6 000 of 18 maande gevangenisstraf vir die derde
wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy hom nie gedurende die termyn van
opskorting weer aan korrupsie skuldig maak nie.