Wen data met Prins Albert- fotokompetisie!

WEN R1000 se data met Prins Albert Toerisme se foto-kompetisie!

Prins Albert is bekend vir pragtige ou argitektuur, restaurante en kroegies, kunsgalerye, beeldskone natuurlike landskappe, kleurvolle karakters en ryk geskiedenis.

Dit is dus glad nie verbasend dat dit ’n magdom fotograwe van wyd en syd lok en inwoners en besoekers aan die dorp graag foto’s van Prins Albert en omgewing neem nie.

Enigiemand wat al ’n paar kiekies geneem het van die dorp en omliggende areas, sal kan getuig dat die kamera gek is na die natuurlike lig waarvoor die omge­wing bekendheid verwerf het.

As jy ’n kranige fotograaf is, is daar ’n kompetisie waaroor jy opgewonde moet raak.

Prins Albert Toerisme het ’n kompetisie geloods wat inwoners en besoekers aanmoedig om ’n foto in te skryf wat die siel en karakter van die dorp vasvang.

Die prys?

’n R1000 data-geskenkbewys!

Die reëls is eenvoudig.

Om in te skryf, plaas jou foto op Instagram en volg en teken @princealbertza aan.

Maak ook seker jy gebruik die hutsmerke #unfilteredkaroo en #princealbert.

Die kompetisie sluit op 1 Junie 2018.

Die wenner sal gekontak word nadat die wenfoto gekies word op 2 Junie 2018.