Sinterklaas bring groot opwinding

Meer as ’n duisend kinders het op 6 Desember Sinterklaas se aankoms by die St Luigi Scrosoppi Sorgsentrum op Oudtshoorn met groot opgewondenheid gevier. Hier deel Sinterklaas en twee engele springmielies uit aan die kinders. Foto: Ilze-Mari Gründling

Meer as ’n duisend kinders het op 6 Desember Sinterklaas se aankoms by die St Luigi Scrosoppi Sorgsentrum op Oudtshoorn met groot opgewondenheid gevier. Hier deel Sinterklaas en twee engele springmielies uit aan die kinders. Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
MEER as ’n duisend kinders van Bridgton het op Woensdag 6 Desember na St Luigi Scrossopisentrum
gestroom om vir Sinterklaas te ontmoet.

Die besoek van Sinterklaas is een van die groot hoogtepunte op die jaarlikse kalender van die sentrum
in Wolfweg, Bridgton.

Sinterklaas het sy oorsprong in die historiese figuur van Sint Nikolaas, ’n biskop van Mira in Turkye. Hy het in die vierde eeu geleef en was bekend vir sy vrygewigheid en liefde.

Die St Luigi Scrossopi-sentrum het in 2007 besluit om dié antieke Christelike tradisie op Oudtshoorn te begin om die ware gees van welwillendheid gedurende Kersfees te bevorder.

Dit is vanjaar die tiende keer dat die sentrum Sinterklaas se aankoms met musiek en Kersliedere
te midde van groot opgewondenheid vier.

Hy het sy aankoms op ’n boot op ’n sleepwa gemaak en springmielies aan die kinders uitgedeel.
Die kinders het ook lekker gesmul aan koek, worsrolletjies en ysies.

Die plaaslike groep Local Vocals het vir die kinders gesing.

Be the first to comment on "Sinterklaas bring groot opwinding"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*