Oudtshoorn Polisie verwelkom twee

Kol Mavis Matole (links, die ondersteunings­hoof) saam met ao Skhumbuzo Koltana, brig Lenova Januari (stasiebevelvoerder), kapt Rensie Mei en lt kol Johan Calitz. Afwesig; Morné Berry. Foto verskaf

Oudtshoorn het pas twee nuwe ervare polisiebeamptes op die dorp verwelkom, lt kol Nombuleli Mzimkhule (links) en lt kol Cyril Douglas (regs). By hulle is die stasiebevel­voerder, brig Lenova Januari. Foto verskaf

Deur Angelique Erasmus
TWEE ervare polisiebeamptes met bykans 70 jaar se ondervinding tussen hulle, het onlangs by die Oudtshoorn Polisie aangesluit.

Hulle is lt kol Nombuleli Mzimkhule wat vanuit Bellville by die speurtak aangesluit het, en lt kol Cyril Douglas, wat voorheen in diens was by die Uitenhage Polisie, wat by sigbare polisiëring aansluit.

Oudtshoorn se stasiebevelvoerder, brig Levona Januari, het hulle op Oudtshoorn verwelkom.

“Ons is bevoorreg om sulke ervare beamptes in ons span te verwelkom,” sê sy.

Daar is ook afskeid geneem van vier lede van die Oudtshoorn Polisie wat hul diens by die polisie op grond va mediese redes beëindig het. Hulle is, ao Skhumbuzo Koltana, ao Morné Berry, kapt Rensie Mei en lt kol Johan Calitz.

“Ek wil hulle graag bedank vir die jare diens wat hulle aan die gemeenskap gelewer het. Hulle sal beslis gemis word,” het Januari gesê.