1969-matrieks van Hoër Handelskool Langenhoven (vandag bekend as Langenhoven Gimnasium), het die naweek van 25 tot 27 Oktober hul 50 jaar-reünie op Oudtshoorn gevier. Die reünie het die Vrydag met ’n spitbraai afgeskop, en die groep het deur die naweek onder meer Foster’s Manor – destyds die skoolkoshuis Huis Voorwaarts – asook ’n volstruisplaas en die NG Moedergemeente besoek. Hier oorhandig van links Mariette Meiring, Irené Koorts, Petro Collins en Johan Koorts toiletware wat hulle bymekaargemaak het vir Helen Bellinghanhof aan suster Colleen Fourie, hoof van Bellinghanhof. Foto Tieneke Maritz