Liefdevolle huis vir Matisse gesoek

Nicolis Swigelaar met sy gesin se lieflinghond Matisse (ook regs), wat in Suid-Afrika moet agterbly wanneer die gesin hulle einde Augustus in die buiteland gaan vestig. Matisse soek nou ’n huis waar hy in ’n ander gesin se harte kan kruip.

Deur Liesel le Roux
DIE Swigelaar-gesin van Oudtshoorn wat eersdaags na die buiteland verhuis, is dringend op soek na ’n liefdevolle huis vir hul spaniel, Matisse (4).

Stephen en Candice Swigelaar verhuis einde Augustus met hul twee jong seuns, Nicolis en Skylar, na China waar Stephen en Candice gaan skoolhou.

Matisse (4) is die vyfde lid van hulle gesin en hulle sou hom graag wou saamneem, sê Candice, maar hulle wil hom eerder die uitgerekte proses spaar waardeur hulle hom sou moes sit om by hulle in China aan te sluit.

Candice het die afgelope aantal jare by die Turnberry Hotel as besprekingsbestuurder gewerk terwyl Stephen ’n grafiese kunstenaar en oud- per­soneellid van Die Hoorn is.

“Ons soek ’n liefdevolle gesin wat lief is vir diere. Matisse is baie beskermend en veral erg oor kinders.

“Ons wil graag vir hom ’n goeie huis kry, waar hy baie gelukkig gaan wees. Dit sal lek­ker wees as ons kan hallo sê aan sy nuwe eie­naars,” sê Candice.

Sy vertel soos volg oor Matisse: “Hy hou van speel, veral met ’n bal. Hy hou van swem en sal tot in die see saam met jou swem.

Hy kom klaar met katte. Hy verkies ’n warm bed binne eerder as om buite te slaap. Hy is house trained. Hy het goeie maniere.

Hy hou van saamry in die kar. Hy eet afvalkos en hondepille.”

Kontak Candice by 073 569 6445.