Korrektiewe dienste en Gaywin wenners

Gaywin Claassen

Deur Garnett Wicomb
DIE orkes van korrektiewe dienste was vir die tweede agtereenvolgende jaar die groepsangwenners in die jaarlikse Gospel-talentkompetisie van die Oudtshoorn Christelike Jeug­- forum (OCJF) wat Sondag in die kerksaal van die St Simons Anglikaanse Kerk in Bridgton, Oudts­hoorn ten einde geloop het.

Die Welgeluk-familiekoor was tweede met die Disciples for Christ-jeugkoor in die derde plek.

Gaywin Claassen was die wenner in die solo-afdeling met Gershwin Swati tweede en Stella Strydom in die derde plek.

Volgens Phillip Seroux, projekbestuurder van die forum, was dit weer vanjaar ’n baie suksesvolle kompetisie.

“Ons het baie talent wat net ontgin moet word,” sê Seroux.

Leon Moos, Lizell van Hansen en Mario Geldenhuys was Son-dag die beoordelaars.