Dorp word al mooier

Nog ’n inisiatief deur in­wo­ners wat om­gee. Bo is die kunstenaar Colin Meyer wat saam met Ziets­ke Saai­man die inligtingsbord by die ingang vanaf Ca­litzdorp geverf het. Dié projek is deel van die Ek is Oudts­­hoorn-be­we­ging en deur die Besigheidskamer geborg. Verskeie inwoners en be-soe­kers is die week by die bord opgemerk waar hulle foto’s by dié volstruis­vlerke neem!  Foto’s verskaf