Danie skenk meer as 150 keer bloed

Danie Els met sy 150ste bloedskenking.  Foto: Simoné Smit

Deur Angelique Erasmus
MAANDAG het Danie Els, ’n bekende Oudts­hoorniet, ’n groot mylpaal bereik toe hy vir die 150ste keer bloed geskenk het.

Danie, wat al vir 13 jaar werksaam is by Pick n Pay op die dorp, sê hy skenk al vir meer as 20 jaar bloed, en beplan nie om sommer gou in die toekoms daarmee op te hou nie.

“Ek wou ’n geruime tyd lank bloed skenk, maar my vriende het my altyd daarteen gewaarsku. Een­dag het ek egter net besluit om te gaan en dit was nie so erg nie. My bloed is O-positief, en dit is blykbaar ’n bloedgroep wat baie gesog is,” sê hy.