Biddag vir rëen op Oudtshoorngehou

’n Paar honderd inwoners van Oudtshoorn het verlede Dondedag (16 Augustus) oor etenstyd ’n biddiens vir reën in die Oudtshoorn Burgersentrum bygewoon. Die diens, wat gelei is deur past Heinrich Titus van Stellenbosch, die internasionale leier van die Shofar-gemeente, was interkerklik en is geïnisieer vanuit die boerdery-gemeenskap van Oudtshoorn. Verskeie plaaslike predikante asook inwoners het ook bygedra. Sprekers het die klem geplaas op die belangrikheid dat daar versoening en genesing tussen inwoners van Oudtshoorn moet plaasvind – dat “sagte harte” ’n verskil kan maak in ’n gemeenskap. Foto: Liesel le Roux