Horowitz, Oosthuizen wen

Marthinus Oosthuizen (naaslinks) en Ockie Horowitz (naasregs) met die mooi gholfsakke wat hulle Saterdag gewen het. By hulle is Brian Minnie (regs) van Brian’s Grill wat die dag geborg het, en Paul Stroebel, klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Ockie Horowitz en Marthinus Oosthuizen het Saterdag met ’n telling van 49 punte die Oudtshoorn Gholf­-klub se gholfdag wat deur Brian’s Grill geborg is, gewen.

Terrennce Raath en JR Mitchell (46 punte) was tweede gevolg deur William Phillipus en Alan Fortuin (45 punte), Hannes Oosthuizen en Francois André Beets (44 punte) en Cecil Badenhorst en Francois Beets (43 punte).

A Britz het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en JP Olivier op die 12de.

Die langste dryf op die 7de putjie het aan Garth Matthews behoort en op die 13de aan Mitchell.

Altesame 48 spelers het aan die gholfdag deelgeneem. Brian Minnie, eienaar van Brian’s Grill, het die klub gelukgewens met die goeie toestand van die baan, ondanks die knellende droogte. Ockie Horowitz is die baan­bestuurder.