Pa en dogter pryk by afgelope naweek se skoue op Oudtshoorn

Pappa GI Joe, die Bullmastiff van Ernest en Sharon Malherbe van Kaapstad, saam met sy dogter, Paris, by Sondag se hondeskou van die Ou­te­niqua Kennel Club op die Hoërskool Oudtshoorn se sportterrein. Die Malherbes se telery se naam is La Gratitude Bullmastiffs. Ernest, ’n oud-Oudtshoor­n­iet, is die seun van wyle dr Gawie en Dulcie Malherbe en broer van Pierre Malherbe van Jemima’s.  Foto’s:  Schalk le Roux

Fuutu was een van die seldsaamste hondsoorte by Sondag se hondeskou van die Ou-teniqua Kennel Club. Fuutu is ’n Shiba Inu wat van Japan afkomstig is. Die hond word gebruik om klein diere en voëls te jag. Fuutu behoort aan Anita Esterhuizen van Kaapstad. Die Shiba Inu is volgens sy hanteerder nie  ’n tipiese troetelhond nie aangesien hy soms, soos ’n kat, afsydig is en toenadering soek wanneer dit hom pas.