Wen kaartjies vir Lollos!

Lollos op 2 Desember in Oudtshoorn

Lollos Pic

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE gewilde Afrikaanse kindervertoning, Lollos, is op Saterdag 2 Desember) om 16:00 by Langenhoven Gimnasium se skoolsaal te sien wees en een leser staan vandeesweek ’n kans om twee kaartjies na dié vertoning te wen!

Beantwoord die vraag onderaan die berig en sms die antwoord na 073 217 7089 voor Vrydag 24 November om 12:00. Die wenner se naam sal deur ’n gelukkige trekking uit die kor­rekte antwoorde getrek word.

Lollos is ’n opvoedkundige Afri­kaanse vertoning gerig op kinders tussen een tot 10 jaar oud. Die doel daarvan is om kinders aktief te kry en saam te laat dans. Kinders kan onder andere die ABC, hoe om te tel, die dae van die week, hoe om gesond te eet en fiks te raak asook feite oor ons land, herwinning en vele meer leer.

Vanjaar se produksie, Lollos 9 – Mallemeule, is tydens die KKNK bekend gestel. Lollos en sy maatjies (Lettie, Disco en Minki) is so gewild dat daar ’n verskeie Lollosprodukte beskikbaar is, soos boeke, badprodukte, klere en speelgoed. Van die items sal by die konsert te koop wees.

Lollos het vir Die Hoorn tyd afge­staan om ’n paar vrae te beantwoord:
• Wie is Lollos se gunsteling kunstenaar om mee op te tree? Almal wat al saam met ons op die DVD was – Emo Adams, Bobby van Jaarsveld, Robbie Wessels, Heinz Winckler, Jakkie Louw en andere!
• Wat is Lollos se gunsteling kos? Gesonde kos soos vrugte, groente, vleis – en veral Lalalollies!
• Hoe lyk dit op Lollos se planeet? O, so mooi! Daar is reënboë, Goue Gare, Foempies en Marshmallow- wolkies – ’n regte droomwêreld!
• Het Lollos ’n troeteldier? Ja, Lollos het ’n Gom­gompie, maar hy is bang vir hom.
• Wat is Lollos se gunsteling speletjie? Dans is die heel lekkerste, maar wegkruipertjie is ook lekker.
• Wie is Lollos se beste maatjie? Lettie, natuurlik!

Vir kaartjies/navrae skakel 061 121 1725 of 082 410 7682 of e-pos na admin@kindervermaak.co.za.
• Beantwoord die volgende vraag vir die wen van twee kaartjies: Waarvoor is Lollos bang?