DIE twee wenners van dubbelkaartjies na Saterdagaand se spogkonsert net buite Oudtshoorn, Klassieke Klein Karoo Kersfees, is Aletta Kersop en Natashia van Greunen.
Hul name is in ’n gelukkige trekking uit al die korrekte antwoorde getrek wat na verlede week se kompetisie in Die Hoorn ontvang is. Die antwoorde was: Klein Karoo Klassieke Kersfees (vraag 1) en PostNet Oudtshoorn (vraag 2).
Koop en bespreek jou kaartjies vir die konsert en ondersteun so ’n plaaslike inisiatief – by PostNet Oudtshoorn, telefonies by 082 802 7138 of die aand voor die vertoning.