Die Ek is Oudtshoorn-motorplakkers duik klaar oral op, al was daar nog net ’n paar beskikbaar wat by ’n Besigheidskamer-netwerkaand einde Oktober uitgedeel is! Dié een agterop ’n woonwa is by Montagu afgeneem. Die goeie nuus is dat die Ek is Oudtshoorn-plakkers een van die dae te koop sal wees. Ons sal lesers op hoogte hou sodat almal kan seker maak hulle kry een!