Xander op pad na Wimbledon

Xander Pienaar

DIE jongman, Xander Pienaar (16), is nie net Boland se nommer een o.19-tennisspeler nie, maar is ook onlangs gekies om later die jaar Wimbeldon, in London, Engeland te besoek.

Hy en ses ander seuns- en dogters-tennisspelers van onderskeidelik die o.15-, o.17- en o.19-ouderdomskategorieë sal einde Junie na Engeland reis en vir nege dae London verken.

Pienaar is gekies as deel van die o.17-span.

Daar gaan hulle ook deelneem aan ’n toernooi by Living Tennis Academy.

Pienaar was ’n Laerskool Wesbank-leerling, maar is tans in Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch.

Hy het afrigting ontvang by Johann Koch van JK Tennis.

Pienaar is die seun van Louis en Elsabe Pienaar van Oudtshoorn.