DIE wedvlugduiwe van die Klein Karoo Posduifklub kon nie Saterdag die wedvlugte vanaf Vryburg oor 773 km voltooi nie en is eers Sondagoggend geklok.
Die duiwe in die twee wedvlugte is Saterdag om 07:00 losgelaat. Die eerste duif, van George Erasmus, is eers Sondag net ná 08:00 geklok.
Die Ope 1-wedvluguitslae is:
George Erasmus – 1, 2 en 4; Cobus van der Merwe – 3, 6, 7, 8, 9 en 11; en Tobie Ellis – 5, 10 en 12.
Die Ope 2-wedvluguitslae is: Van der Merwe – 1, 6, 7, 9 en 11; Ellis – 2, 3 en 8; Erasmus – 4, 12 en 13; Hannes Smit – 5; en Dirk Greeff – 10 en 14.
• Die Oudtshoorn Duiweklub se duiwe het nie Saterdag gevlieg nie.