Heinrich Terblanche (links) en Pieter Strauss (naaslinks) wat die Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdag gewen het. By hulle is Morné Els, bestuurshoof van Oudtshoorn Ford (borg) en Gideon Badenhorst, voorsitter van die besigheidskamer.

Die naaswenners was William Phillipus (naaslinks) en Damian Juta (regs). By hulle is Paul Stroebel (links), klubkaptein, en Morné Els. Foto’s: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse gholfdag op Woensdag, 6 Maart, op die plaaslike gholfbaan is gewen deur Pieter Strauss en Heinrich Terblanche met ’n telling van 45 punte.
Altesaam 48 spelers het deelgeneem.
William Phillipus en Damian Juta, AO Thenissen en Noel Dreyer, en Terrence Raath en Ray Mitchell, al drie spanne met 43 punte, was op ’n uittel onderskeidelik tweede, derde en vierde. Ter-ry van Coller en Hannes Smal (42) was vyfde.
Francois Brill het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan.
Spogtwees is geslaan deur Fanie Greeff (12de), Brill (3de), George Fourie (3de) Wanda Uys (3de en 8ste) en Strauss (8ste).