Tarren hardloop weer die vinnigste

Tarren Jullies. Foto: Garnett Wicomb

TARREN JULLIES het Saterdag (24 April), ná ’n paar weke se rus, die vinnigste tyd aangeteken van die deelnemers aan die 50ste virtuele Oudtshoorn Parkrun met haar tyd van 25 minute 6 sekondes.

Francois le Roux was tweede in ’n tyd van 25:38 en Rudolph Clench derde in 26:55.

Ná hulle was Bart Saaiman (28: 02), Hildegarde Bruwer (29:17), Conrad Jullies (29:40), Anne-marie le Roux (29:52), Henry Carstens (30:00), Abraham Hendricks (31:30), Sylvia le Roux (35:27), Helena Smit (36:17) en Geraldine Loftie-Eaton (47:08). (Deur Garnett Wicomb)