Rugby-aksie Erfenisdagvieringe op Bridgton Sportgronde

As deel van die Erfenisdagvieringe op die Bridgton Sportgronde Maandag het die rugbyspanne van Klein Karoo Saadproduksie en KKI Vere-afdeling mekaar in die eindstryd van die Oudts­hoorn Werkersliga aangedurf. Klein Karoo Saadproduksie het die wedstryd gewen met 27-10. Johnny Baartman, voorsitter van die Werkersliga waaraan ses spanne van fabrieke en groot besighede deelgeneem het, sê Maandag se wedstryd is in gietende reën gespeel. “Al was dit ’n taai wedstryd, is dit in ’n baie goeie gees gespeel,” het hy gesê.  Foto: Garnett Wicomb