Booi Salman.
Deur Garnett Wicomb
BOOI Salman het Saterdag die 184ste Oudts- hoorn Parkrun by Surval in ’n tyd van 18 min 3 sek gewen.
Wilhelm Kuün (Cape Multisport Club) was tweede in 20:36 en Ya-ron Venter derde in 21:37.
Linelle Groenewald was die eerste vrou en algeheel 7de in 25:10, terwyl die 14-jarige Hannes Oosthuizen in 27:50 die eerste junior oor die eindstreep was.
Ander goeie tye was dié van Abri van Tonder (21:40), Thys Jamneck (21:47), Christo Niemand (25:10), Henry Carstens (25:14) en Francois le Roux (25:25).