Twee leerders van die Hoërskool Môrester, Caithlin Jansen en Cihara Hendricks, het Vrydagaand die tweede en derde plekke behaal vir hul Engelse opstelle in ’n veldtog teen boelies wat geloods is deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) in die Eden Sentraal-Karoo. Hoërskool Môrester het ook die algehele tweede plek in die 2019-veldtog behaal. Hier van links is Caithlin, Marietjie Beukes (hoof: kurrikulum ondersteuning), Cihara, Melissa Hendricks (opvoeder), Belinda Muller (adjunk-prinsipaal) en Roger Jacobs (hoof: opvoeder en leerderondersteuning Eden Sentraal Karoo). Foto verskaf