Die nuwe hoofleiers vir 2020 by die waarnemende skoolhoof, mnr Gerrit Rudolph, en me Lauren Meiring wat die prysuitdelingsfunksie georganiseer het, is van links Robert Swart (onderhoofseun), Gunter Meyer (hoofseun), Louisa Swart (hoofdogter) en Nika van Heerden (onderhoofdogter).

Die personeel en hoofleiers van 2019 saam met (middel voor van links) mnr Ferdie Human (waarnemende adjunkhoof), mnr Gerrit Rudolph (waarnemende skoolhoof) en mnr Johan Claassen (oudskoolhoof en gasspreker van die aand).

Spesiale toekennings, gegrond op eienskappe soos bedagsaamheid, geesdrif, toewyding en diensbaarheid het gegaan aan voor van links Nasia Davids, Anlizé Vermeulen, Laureka Wallace, Cornél Kruger, Nicky Stols en Vicky Dreyer, en agter van links Hanrü Storm, Carl-Heinrich Hancke, Henco Lerm en Daniël Bester.

These learners excelled at the National English Olympiad. Front from left are Vicky Dreyer (top 100 Home Language), Karla van Rooy (18th First Additional Language), Chantelle Roets (16th First Additional Language) and Bianca Nel (3rd First Addtional Language). Back from left are Dewan Barnard (4th First Additional Language), Ben Greeff (12th First Additional Language) and Chris van der Walt (top 100 Home Language).

Die optrede van die uitmuntende Ad Astra-koor onder leiding van me Elmine Bester was een van die hoogtepunte van die aand. Mnr Danie Bester het die koor se weergawe van Halleluja begelei.

Topsportpresteerders is van links Gabriëlle Ladouce (beste juniorsportman en veelsydigste juniorsportman), Anlizé Vermeulen (beste seniorsportvrou en veelsydigste seniorsportvrou), Thomas Jordan (beste seniorsportman en veelsydigste seniorsportman), Louisa Swart (beste atletiekprestasie en beste seniornetbalspeler) en Ninke Griffioen (veelsydigste juniorsportvrou).

Sportpresteerders voor van links is Anandie Kruger (beste prestasie in tennis – seniordogter), Jaydin Louw (krieketspeler van die jaar), Laureka Wallace (beste prestasie in akademie en sport deur ’n seniordogter) en Patricia Esterer (beste juniorsportvrou en beste prestasie in tennis deur ’n juniordogter). Agter van links is Anathi Makasika (rugbyspeler van die jaar), Ayden Pretorius (beste spanspeler: rugby), Danton Strydom (beste prestasie in krieket en rugby) en Dewan Barnard (beste seniortennisspeler).

These sport achievers are Lleythan Smith (best senior achievement in extra-curricular sport – karate), Lerato Vena (best achievement by junior boy in tennis), Simón Dilley (junior hockey player of the year) and Tanja Terblanche (senior hockey player of the year).

The Struisie drummies excelled by reaching the finals of the SA Drummie Championships for the first time in all six their categories and placed eighth overall. From left are Gwyneth Baartman (junior Drummie of the year), Robin Burts (outstanding achievement junior drummie), Kelly May (outstanding achievement senior drummie) and Christal Baartman (senior drummie of the year).

Nog sportpres-teerders was van links Dylan Dreyer (beste junior hokkie-speler), Zeeck Rondganger (hokkiespeler van die jaar) en Carl-Heinrich Hancke (gholfspeler van die jaar).

Die toppresteerders in graad 12 is voor van links Daniël Bester (eerste, 85,57%), Wian Böhme (tweede, 85,36%), Laureka Wallace (derde, 85,4%), Alisha Muller (vierde, 84,21%) en Vicky Dreyer (vyfde, 83,64%). Agter van links staan Karla Human (sesde, 83,43%), Anlizé Vermeulen en Bianca Nel (gesamentlik sewende, 83,21%), Marlé-Zanne Barnard (agste, 82,93%) en Tamzin de Lange (negende, 82,86%). Afwesig: Dominic Erasmus (tiende, 82%). (Die skool se akademiese toekenningsaand vir graad 8- tot 11-leerders vind op ’n latere stadium plaas.)

Van die Struisies se kultuur-toppresteerders is van links Nasia Davids (veelsydigheid en nasionaal eerste in skryfkuns-kompetisie), Hanru Störm (veelsydigheid, beste seniorredenaar, voorsitter van en diens aan VCSV), Daniël Bester (90% in Unisa graad 7-eksamen en insluiting op Unisa-ererol; top 100 in Nasionale Wiskunde Olimpiade), Nicay Jackson (internasionale prestasie in dans) en Quintus Viljoen (internasionale prestasie in drama, Proteakleure vir drama, vyf jaar beste akteur in skoolproduksie.)