Bridgton-leerders vaar goed by wetenskap-ekspo

Dié leerders van Bridgton Sekondêr het op 3 en 4 Augustus aan ’n wetenskap-ekspo by die Nelson Mandela Universiteit deelgeneem en baie goed gevaar. Die skool se toppresteerder was Samantha Beukes (middel voor) wat met ’n silwer medalje bekroon is en gekies is om met haar projek aan die nasionale ekspo in Johannesburg deel te neem. By haar is voor van links Helen Nace en Joan Grundlingh (brons medaljes), Judy Faku, Ruby Hoffman, Anrie Ecerts, Kelzé Massyn, Maritza Filander en Linique Jaftas. Agter van links staan me Adele de Vos en mnr Johnny Cinnio Witbooi (onderwysers). (Foto verskaf.)