6 A’s vir Leigh Hayley Philip van Barrydale

Leigh Hayley Philip is Hoërskool Barrydale se toppresteerder in die 2021-matriekeksamen met ses onderskeidings. Sy het onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskundige geletterdheid, lewensoriëntering, geskiedenis en besigheidstudies behaal,en gaan vanjaar BCom aan die Universiteit van die Wes-Kaap studeer. (Foto verskaf)