DIE Oudtshoorn Polisie vra vir die gemeenskap se hulp in verband met ’n vermiste man van Bongolethu.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, word die 21-jarige Geraldo Everts sedert 12 Augustus vermis, en was Everts laas op die plaas Welgeluk gesien.
Visser sê dat Everts in Freedomstraat, Bongulethu gebly het, maar nooit daar opgedaag het op die dag wat hy vermis aangemeld is nie.
Everts het ten tyde van sy verdwyning ’n swart hemp en broek aangehad.
Enige persone met inligting oor waar Everts hom bevind kan kapt Deon Bouwer skakel op 082 469 7642, of by die speurderskantore by 044 274 4400.
Polisie op soek na vermiste persoon
Geraldo Everts (21). (Foto verskaf)