Man vas oor onwettige besit van ’n wapen

DIE Oudtshoorn Polisie het Saterdag ’n 25-jarige man in Uranusstraat in Toekomsrus in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Hy het reeds Maan­dag in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, was polisiebeamptes omstreeks 11:30 besig om die omge­wing te patrolleer toe ’n man skielik begin hardloop het.

Polisiebeamptes het hom agterna gesit en ’n 9 mm-Vectorpistool en twee 2 rondtes ammunisie in sy besit gekry.

Volgens Michaels is dit nie ’n pistool wat as gesteel by die polisie aangemeld is nie.