DA wen taai verkiesingstryd in Wyk 13, Oudtshoorn

34121356_1985829538115264_7216616372447477760_n
Die DA het na ‘n taai verkiesingstryd tussen die DA en die ANC in Wyk 13 in Bridgton, Oudtshoorn die wyk behou in gister (Woensdag 30 Mei 2018) se tussenverkiesing. Die nuwe DA-raadslid is Marcellis Theyse.

Dit is duidelik uit die uitslae dat die DA steun verloor het sedert 2016 se landwye munisipale verkiesings, en die dat die ANC steun gewen het, Die EFF se steun in die wyk was minimaal.

Die uitslae van die tussenverkiesing is soos volg:
DA 986 (50.59%) (2016: 60.19%)
ANC 864 (44.33%) (2016: 27.12%)
ACDP 77 (3.95%)
EFF 22 (1.13%)
IEC 1 949